Die Weskus is ons taal & Weskus Jou Lekker Ding Braai Fees ons Afrikaanse Braai Fees der Feeste! Ons het perlemoen en ons het vet galjoen, groot rooi krewe en ons het 'n lekker lewe. Dit is, hoe dit is, inni Weskus.
Met 'n 'huppel in ons trippel', is ons trots Afrikaans. Weskus Jou Lekker Ding Fees, is joune, myne, almal sin saam! Ons beoog om die GROOTSTE Afrikaanse Musiek Braai Fees Skouspel te wees wat gehou gaan word, wat die Weskaap & Weskus Streek nog die voorreg gehad het om aan te bied, en die Fees sal plaasvind elke jaar.
Ons Fees word gehou in sekerlik een van Suid Afrika se pragtigste, ongerepte, asemrowende Natuur Skoonhede, naamlik Die Weskus van Suid Afrika. Ons Fees beloof om vermaak te bied vir almal, 'all walks of life', en dit wat die Fees die normale man op die straat gaan bied, is ongelooflik.
Ons Fees sluit verder ongelooflike vermaak in vir kinders onder 16, met 'n toegewyde speel terrein en dagsorg fasiliteit, vir ouers om met 'n geruste gemoed en hart hulle kinders toe te laat om al die pret te geniet, sonder hulle toesighouding. Ons 'Info Kiosk' sal voorsiening maak vir alle inligting rakende die Fees, en ons stalletjies beloof om iets spesiaals in elk uit te bring, en sal net die beste en mees oorspronklike temas goedgekeur word vir jou vermaak, maar wees verseker, by ons Fees, sal u van 'n naald tot 'n Spreekwoordelike Olifant kan koop.
Verder is ons Fees ingerig om tonne 'van die verhoog' vermaak aan te bied, verskeie See-en-Strand aktiwiteite, soos beplande vertonings deur die NSRI rondom lewensredding, potjiekos kompetisie, Snoekbraai en Patat kompetisie, "Skaap Spitbraai kompetisie" alles oorsien deur die beoordeelaars..... Ons sal ook verskeie TV kanaal dekkings geniet, en beoog om TV programme / kanale soos Pasella, Fiesta van KykNet, en vele meer, uit te nooi na ons Fees, met ons Media vennoot wat regstreeks sal uitsaai van die Feesterrein, en laaste maar nie die minste nie, sal ons 'n verhoog vol immer gewilde Afrikaanse kunstenaars opdis, wat al ons Fees gangers sal vermaak, tot die son op die horison en die see gaan lê, en weer opkom die volgende more, dit alles aangebied deur ons immer gewilde 'Master's of the Ceremony' 2-man span.
Ons wens elke Fees ganger toe om saam met ons, 'n naweek van algehele Pret en Plesier te kom deel, en ons as die Weskus Jou Lekker Ding Braai Fees Kommitee, gaan ieder en elke Fees ganger se wind uit hulle seile UIT haal, dit is ons belofte aan julle WESKUS, en ook ons Weskaap, Boland, Karoo, Namaqualand, Suidwes, en al die ander oorblywende Provinsies van SA se broers en susters! Kom geniet 'n 'Kaleidoskoop' van Kultuur, Kleure & Geure, en Afrikaanse Musiek saam met ons en wees net Mens, wees net WESKUS! ✔ Aweh Ma Se Kinners! ✔ WESKUS JOU LEKKER DING BRAAI FEES! ✔✔
If this event is cancelled, rescheduled or curtailed, Event Protect will provide a simple and fast refund process. You can apply directly to Event Protect for a refund. Provided the event has been accepted and is covered by the Programme, which is underwritten by "A" rated insurers, your application will be managed through Event Protect. Please note communicable diseases such as the COVID-19 Virus is not covered by this Policy.